Hi my maters!
Ek dink dit was die langste wat ek nog sover op
een plek gebly het die afgelope 8jaar…
2 Jaar op een plek!
Ek moet baie dankie sĂȘ aan my pa, Johan wat my
gehuisves het vir die afgelope 2jaar sonder om
my enige huur, water en elektrisiteit, kos en huishulp
gelde te vra het!
Maar ongelukkig is ek nou een van daardie moeilike persone
wat wil selfstandig wees en voel dat ek op my eie moet bly
en vir myself sorg! Ek ken ‘n paar ouens wat nie ‘n werk
het nie en nog by hul ouers “spunge.” Alhoewel ek werk vir wat
ek kry en het, soek ek nogsteeds my afhanklikheid.
So, die eerskomende naweek trek ek en Hentie in ‘n nuwe plek
in en ek is sooo opgewonde daaroor! Sal ‘n paar fotos oplaai
sodra alles in plek is.
My planne om Augustus VSA toe te gaan is nog in plek, ek
het nog net ‘n bietjie politiek om uit te sorteer, maar ek
sal daar kom! Niks en niemand gaan my terug hou van my
drome af nie!
Sal julle op hoogte hou van die nuutste verwikkelinge!
Tot ‘n volgende keer!
Ekke